| |
|
|
Hierdie lieflike resep is meer as 350 jaar oud! ‘n Heerlike gunsteling van die Kaap waar die eerste brandewyn van Kaapse druiwe gedistilleer is in 1672! Ons het ‘n lang pad gestap sedertdien, maar die Kaapse Brandewynpoeding is nog steeds 'n ou gunsteling :)
Bestandele
250 g ontpitte dadels in die helfte gesny
1 teelepel koeksoda
1 koppie kookwater
1/2 koppie botter/margarine
1/2 koppie suiker
2 eiers, geklits
2 koppies meel
1 teelepel bakpoeier
1/2 teelepel sout
1 koppie fyn okkerneute
Metode
1.Sny die dadels en week die helfte hiervan in die kookwater en koeksoda. Roer en laat staan of af te koel.
2. Room die botter en suiker saam en voeg die geklitste eiers by. Meng baie goed.
3. Sif die meel, bakpoeier en sout saam.
4. Voeg die res van die dadels en die okkerneute hierby, en daarna ook die dadelmengsel met die water. Meng goed.
5. Skep die beslag in ‘n vuurvaste bakskottel en bak in ‘n voor-verhitte oond van 180 grade celcius vir 30 - 40 minute.
6. Verwyder uit die oond en gooi die warm sous oor die warm poeding.
Stroop
1 koppie suiker
1 eetlepel botter
1/2 koppie water
1 teelepel vanilla geursel
1/2 koppie brandewyn
1. Koop die suiker, botter en water saam vir omtrent 5 minute.
2. Verwyder van die stoof en voeg die vanilla en brandewyn hierby. Meng goed.
3. Giet die sous warm oor die poeding en bedien met styfgeklopte room of roomys!
Niks smaak lekkerder op ‘n koue aand nie. Geniet die resep en kom besoek Afrikaanse resepte gerus weer. Ek sal nuwe resepte elke maand byvoeg, en indien jy enige versoeke het, stuur ‘n boodskap en ek sal kyk wat ek kan doen.
|
|
|
Starters
Peri Peri chicken livers
Liver with sour sauce
Tuna salad with lettuce
Ham and cheese rolls
Spekkies (Bacon bites)
Braaivleis (BBQ recipes)
Boerewors (Boer’s sausage)
Sosaties in marinade (kebabs – skewers)
Krummel/stywe pap (crumbly mealy maze porridge)
Paptert (Porridge (maize meal) tart)
Roosterkoek (grilled bread)
Braaibroodjies (toasted sandwiches)
Main dishes
Gesmoorde snoek (fish)
Bobotie
Chicken bobotie
Chicken and sauce
Chicken pie
Frikkadelle (meatballs)
Durbs meat bunny chow
Vegetarian bunny chow
Great Curry
Ox tongue
Potjiekos
Chakalaka
Tomato stew
Water lily stew
Biltong
Droё wors (dried sausage)
Side dishes
Yellow rice
Biltong and cheese pot bread
Souskluitjies (cinnamon dumplings)
Potato mielie dish
Warm potato dish
Potato cakes (fritters)
Pampoenkoekies (pumpkin fritters)
Cream spinach
Sweet potato in sauce
Salted yellow carrots
There is so much more to discover inside this site and book.... Cakes, Treats, Sauces, Desserts, Bread and more! This is a must read.....!
|
|