Die Springbokke
Die Springbokke is nie verniet na ons nasionale dier vernoem nie. Hulle het sommer baie in gemeen en glo my, nie een gee sommer te maklik tou op nie.
Die Springbok is 'n klein bruin bokkie met 'n wit pens en is omtrent 80cm hoog. Die gemiddelde mannetjie weeg so 50kg terwyl die wyfie omtrent 38kg weeg. Hulle spring tog te lekker as hulle pronk, maar ook wanneer hulle gejaag word en in gevaar verkeer. Deur te pronk wys hulle hoe fiks en sterk hulle is en dieselfde geld ook vir ons Nasionale Springbokspan! Wanneer hulle voel dat hulle in "gevaar" verkeer dan laat spat hulle!
Wanneer die Springbok weghardloop vir hulle vyande (byvoorbeeld die leeu), kan hulle 'n spoed van tot 80km per uur bereik. Hierdie bokkies is nie net ongelooflik vinnig en pragtig nie, maar hulle is ook baie trots en fiks.
Ek dink dit is sekerlik die rede waarom ons Springbokspan na hulle vernoem is. Hierdie wonderlike span van ons het ons ongelooflike trots laat ervaar in 1995 toe ons teen Nieu-Seeland in die finaal van die wereldbeker rugby gewen het. Ons land het bankvas agter ons span gestaan en ons almal het gedeel in die ongelooflike gevoel van trots.
Dieselfde het hierdie week gebeur. Ons het hierdie jaar weer die beker gewen deur deursettingsvermoe en die wete dat die hele land agter hulle gestaan het.
Ons vir jou Suid-Afrika, mag God ons pragtige land seen.