Recipes from South Africa content pages image holder

 

 

Jogurt Tert

Vandag wil ek ‘n watertand lekker resep met julle deel.  Ons hou baie van ons wonderlike terte en glo my, min naweke en geen verjaarsdae gaan verby sonder ten minste een nie! Hierdie is een van my Tannie se spesialis resepte en sy maak die lekkerste tert wat ek nog gehad het.

Bestandele:
1 pakkie tennisbeskuitjies
4 koppies plain jogurt (1 liter)
1 pakkie vanilla “instant” poeding
1 koppie room
1 blikkie kondensmelk (395gr)

Metode:
1.  Maak die beskuitjies fyn en meng met botter om ‘n kors te vorm.  Los in die yskas vir ‘n paar uur.
2.  Klits die res van die bestandele alles saam en skep in die kors.
3.  Laat staan in die yskas om te set en bedien koud.

Dit is ‘n lieflike resep en my tannie is die bo-baas bakster van hierdie ou gunsteling! Ek is nou sommer lus vir een. Die tert is baie soet, maar lekker...

 


Back to Articles

 

Copyright Lizel Salter and IYC Limited UK - 2005 - 2007
Recipes from South Africa content pages footer image holder