Plaatkoekies smaak heerlik, veral op 'n koue dag! Hierdie is 'n baie maklike resep en sal beslis 'n baie groot gunsteling wees vir beide oud en jonk. Dit smaak op sy beste met marmite of goue stroop .
As jy lus voel om jouself te bederf kan jy gerus 'n lepel room bo-op skep.
Bestandele:
1 koppie melk
1 eier
2 eetlepels suiker
2 koppies meel
'n Knippie sout
2 teelepels bakpoeier
Metode:
1. Klits die melk en eier saam.
2. Voeg die suiker hierby en meng baie goed .
3. Sif die meel, sout en bakpoeier saam en meng by.
4. Laat die mengsel staan en rus vir omtrent 'n 1/2 uur.
5. Skep lepelsvol in warm olie en braai aan albei kante. Draai die plaatkoekies om wanneer ligbabbels bo-op verskyn.
6. Smeer 'n bietjie botter bo-op saam met marmite of stroop.
Hierdie is regtig 'n eenvoudige resep en smaak heerlik. Probeer dit gerus!

