Wateroplosbare vitamienes word maklik in jou liggaam opgeneem en geabsorbeer en word nie te lank gestoor nie. Die akstra wateroplosbare vitamienes wat jou liggaam nie nodig het nie, word elke dag deur jou niere afgeskei en verlaat jou liggaam deur uriene. Om hierdie rede moet jy al hierdie vitamienes daagliks inneem.
Wateroplosbare vitamienes bestaan uit die volgende:
Vitamiene B1 (tiamien): Hierdie vitamien help jou liggaam om koolidrate te verbrand wanneer energie benodig word.
Bronne: Beesvleis, vark, lewer en volgraankosse.
Vitamiene B2 (ribovlafien): Help jou liggaam om protiëne, koolidrate en vette te prosesseer. Hierdie vitamien is help ook om jou vel gesond te hou.
Bronne: Beesvleis, vark, lewer, kaas, eiers, melk, neute en volgraankosse.
Vitamiene B3 (niasien): Prosesseer vette en protiëne en bou ‘n gesonde senuweestelsel.
Bronne: Lewer, kalkoen, vis, boontjies, neute en volgraanprodukte.
Vitamiene B5: Help met die produsering van rooibloedselle.
Bronne: Orgaan vleise, hoender, melk, eiers, neute, boontjies, ertjies, en graanontbyt.
Vitamiene B6: Help jou liggaam om protiëne en vette te verbruik sowel as om suurstof in jou bloed deur jou liggaam te vervoer.
Bronne: Vark, beesvleis, hoender, vis, orgaan vleise, eiers, neute, piesangs, wortels en graanontbyt.
Vitamiene B7 (Biotien): Help met die groei van selle, vorming van rooibloedselle, stabileseer bloedsuiker vlakke en vorm sterk hare, vel en naels.
Bronne: Eiergeel, lewer, niertjies, oats, neute melk, boontjies, ertjies, neute en tamatie.
Vitamiene B9 ("folic acid"): Help jou liggaam om nuwe selle te vervaardige. Dit help ook by swanger vrouens met die vorming van jou ongebore baba.
Bronne: Donker groen groentes, boontjies, ertjies, lemoene en graanprodukte.
Vitamiene B12: Handhaaf ‘n gesonde senuweestelsel en help om genetiese materiaal te vervaardig.
Bronne: Lewer, sardientjies, eiers, melk en bloukaas,
Vitamiene C: Tree op as adti-oksedant, help met die vorming van bene en die handhawing van jou immuunsisteem.
Bronne: Groen soetrissie, spinasie, sitrus vrugte, tamaties, aartappels en arbeie.
Vetoplosbare vitamienes word nie so maklik deur jou liggaam geabsorbeer nie. Jou liggaam benodig sekere ander vitamienes om dit te absorbeer en word dan in jou liggaamsvet gestoor. Wanneer jy die vitamienes benodig, gebruik jou liggaam dit wat reeds gestoor is in jou vet. Jy het nie nodig om hierdie vitamienes elke dag in te neem nie.
Vetoplosbare vitamienes bestaan uit die volgende:
Vitamiene A: Help met jou visie, handhaaf ‘n gesonde vel en immuunsisteem, helstel beskadigde weefsels en tree op as anti-oksidant vir jou liggaam.
Bronne: Lewer, vis, suiwelprodukte, eiergeel, wortels, patats, tamaties en volgraan produkte.
Vitamiene D: Vitamiene D is nodig om kalsium en fosfor in die liggaam te absorbeer en beskerm jou liggaam teen beensiektes.
Bronne: Soutwater vis, melkprodukte, graanprodukte en sonlig.
Vitamiene E: Dien as Antioksedant vir jou liggaam, help jou bloed vloei en bou ‘n sterk immuunsisteem.
Bronne: Vis melk, eiergeel, groente-olies, vrugte, boontjies, ertjies, spinasie en “broccoli”.
Vitamiene K: Help met die vorming van bene en verhoed dat jou bloed klonte maak.
Bronne: Kaas, spinasie, “broccoli”, kool, tamaties en margerine.
Back to Articles